Die Groot oomblik
Ons Storie
Elke draai het ons nader aan mekaar gebring.
Van daardie oomblik af het gesprekke maklik geword, en wat begin het as “net gesels”, het vinnig gegroei in iets dieper.
Soms skryf die lewe sy eie planne, en besef jy eers later hoe elke draai jou presies by die regte persoon uitbring. Ons storie het begin toe ’n vriendin ons paaie onverwags laat kruis het tydens ’n kuier saam vriende by Blos Café. Net so vinnig soos ons mekaar ontmoet het, het die lewe ons weer vir ’n rukkie in verskillende rigtings geneem.
Ons paaie het weer gekruis by ’n Spoegwolf-konsert langs die Vaalrivier. Wat soos ’n gewone dag begin het, het in iets baie spesiaals verander. Van daardie oomblik af het gesprekke maklik geword, en wat begin het as “net gesels”, het vinnig gegroei in iets dieper. ’n Wegbreek op 10 Julie 2022 na Harties het die begin van ons storie gekenmerk.
Vier jaar later het ons reeds ’n pad vol herinneringe saam gestap. Op 11 Oktober 2025, ná ’n adrenaliengevulde valskermsprong en wildrit, het hy die knie gebuig en die groot vraag gevra. Haar vinnige “ja” was die begin van ons volgende hoofstuk saam. Vandag kyk ons vorentoe as beste vriende wat gekies het om vir altyd saam te bou.
Venue
De Harte
Ons het De Harte gekies omdat dit van die eerste oomblik af soos ons plek gevoel het – ’n plek waar liefde stil raak en die natuur saam fluister. Tussen eenvoud en elegansie gaan ons hier ons beloftes uitspreek en ons nuwe hoofstuk saam begin.
Akkommodasie
Verblyf opsies naby die venue.
De Harte se akkommodasie is reeds vol bespreek. Gaste is welkom om van hierdie voorgestelde opsies gebruik te maak en self te bespreek.
Villa San Giovanni Accommodation
Linvelt Road, Wonderboom, 0129 Pretoria, South Africa
Meer InligtingMorgenzon Estate
Plot 12 Airport Road, Doornpoort, 0186 Pretoria, South Africa
Meer InligtingPlatinum Airport Lodge & Guesthouse
18 Navache Avenue, 0110 Pretoria, South Africa
Meer InligtingSeremoniebesonderhede
Die dag se gevoel, riglyne en praktiese notas.
Kleredrag
Kom vier saam met ons in stylvolle formele drag.
Drankies
Kontant- en kaartkroeg beskikbaar.
Geen eie drankies nie.
Geskenke
Julle liefde en teenwoordigheid is al wat ons vra, maar ’n kontantgeskenk sal ons nuwe begin help dra.
RSVP
RSVP Asseblief teen 30 September 2026.
Gebruik die onderstaande vorm om jou RSVP te finaliseer.
Verken